Skip to product information
1 of 1

Eko Waterkripdosering (100 tablette)

Regular price
R 600.00 ZAR
Regular price
R 600.00 ZAR
Sale price
R 600.00 ZAR
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Die Waterkrip doserings tablette is die nuutste doseringsproduk en metode op die mark om skape, beeste, perde, volstruise of wild te doseer, vir uitwendige en inwendige parasiete.
Dit is ‘n gepatenteerde tablet, so ook die doserings-metode. Dit word deur Bavati verspreiders vervaardig, bemark en versprei, onder die naam EKO WATERKRIPDOSERINGS TABLETTE, asook onder die naam OPLOSBARE WATERKRIP DOSERINGS TABLETTE.

Dit werk eenvoudig, sonder enige arbeid, krale, geen spanning vir jou of jou diere nie, dis net ‘n plesier om weer met vee en wild te boer. Geen gevangery van diere nie, net ‘n tablet wat jy weekliks in die waterkrip onder die waterklep (”ballvalve”) gooi, dit is eenvoudig. Om die sukses van hierdie dosering te ervaar moet die krippe weekliks skoongemaak word anders ruik die water maklik oud en is onsmaaklik vir diere.

NB: WATERKRIP DOSERINGS TABLETTE KAN SAAM MET ENIGE CHEMIESE DOSERING GEBRUIK WORD, DAAR BEHOORT GEEN NEWE EFFEKTE TE WEES NIE

METODE VAN PROEWE:Die hoë standaarde wat gehandhaaf word tydens die proewe wys net die erns waarmee al die proewe gedoen word.Die proewe word gedoen onder ‘n hoogs aangeskrewe veearts se oog, die skaapmis monsters word deur homself geondersoek waarna ons die toetse saam bespreek.
NB: Alle diere moet teen Bloednier, Bloutong, perdesiekte en alle virussiektes geênt wees voor u met die doserings program kan begin.
NB: Neuswurm en lintwurm onder drie maande is uitgesluit van hierdie dosering, omdat lammers in sekere gevalle nog nie self by die waterkrip water drink nie.
NB: Lammers kan die aktief in sekere gevalle deur sy moeder se melk inneem, maar nie altyd nie. Doseer dus alle lammers vir lintwurms onder drie maande. Moenie kanse vat daarmee nie.Tydens ons proewe was daar in 2009 -71 gevalle van brommer aanvalle, 2010 was daar slegs 1 geval, en in 2011 was daar slegs 1 geval einde Maart in ‘n trop van 1500 ooie.Hierdie doserings produk en metode is ‘n wêreld eerste.Dit is die eerste en die enigste veedosering volgens ons kennis wat al die velddiere, bv. duikers, steenbokke, ystervarke, jakkalse, hase en wildevoëls bv. kraaie, tarentale, valke, uile ens. asook akkedisse en muise doseer. Alle velddiere kan doseer word teen inwendige sowel as uitwendige parasiete terwyl hulle saam met die vee water drink. Hierdie velddiere is van die grootste parasietdraers op die plaas en versprei die parasiete op die snaakste plekke, bv. in die rante en berge, onder klippe, onder bosse, in die langgras. Dit is die ideale omstandighede en geskikte area waar parasiete uitbroei en voortplant. Dit is een van die ou tradisionele dosering se groot tekorte, die veld is/was nooit skoon gedoseer nie.Twee tablette vir elke 25 liter water in die waterkrip - so maklik soos dit. Maar onthou daar mag net een drinkplek in die veld wees bv. waar daar ‘n spruit of rivierwater in dieselfde kamp is, sal die tablette nie effektief werk nie

Die Eko Waterkripdoseringstablette is die nuutste doserings produk en metode op die mark, om alle vee, perde, volstruise, pluimvee en wild te doseer, vir uitwendige sowel as vir inwendige parasiete. Dit werk eenvoudig sonder enige arbeid, krale, geen spanning vir jou, of jou diere nie, net ‘n plesier om weer met vee en wild te boer.

Beeste en Wild:Geen gevangery van diere, net 2 tablette vir elke 25 liter water wat in die waterkrip staan, weekliks. Dws vir elke 250 liter water in die waterkrip = slegs 20 Eko tablette weekliks nodig

Skape en Bokke:Eko waterkripdoseringstablette word gedoseer teen die formule, een tablet vir elke 12 liter water in ‘n skoon waterkrip weekliks. (Elke sewende dag).

Pluimvee:40 x Eko tablette week 1 & 2. Voeg die tablette in die water (medisyne) tenk vir 1 000 tot 20 000 lê henne. Vanaf week drie en verder word 20 Eko tablette per week aanbeveel.

Customer Reviews

No reviews yet
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)